Letra Ek Dink Aan Jou as Dit Reën de Fokofpolisiekar

Letra de Ek Dink Aan Jou as Dit Reën

Fokofpolisiekar


Ek Dink Aan Jou as Dit Reën
Fokofpolisiekar
(0 votos)
'n Oomblik is die wêreld werd
Maar net die eerste een
'n dier bly 'n dier

Gaan slaap as jy sal beter raak
As jy aan die slaap kan raak
'n dier bly 'n dier

Ek dink aan jou as dit reën

Hierdie vier mure maak my naar
Is jy siek of sit jy aan?
Die lied in my hart is 'n swane sang

Ek dink aan jou as dit reën

Kwaad raak ons net vir mekaar
Mans bly seuns
Seuns wil mans wees

Ek sweer daar's iemand wat in die hoek staan
As ek my oë knip is sy weg soos my kinderdae

Ek dink aan jou as dit reën

Ek is nie meer lief vir jou nie
Ek kon jou nie gelukkig hou nie
Beloftes breek
En styf vashou maak seer

Kwaad raak ons net vir mekaar
Mans bly seuns
Seuns wil mans wees

Deesdae vat dit langer
Om mense te leer ken


Comparte Ek Dink Aan Jou as Dit Reën! con tus amigos.


Que tal te parece Ek Dink Aan Jou as Dit Reën de Fokofpolisiekar?
Pesima
Mala
Regular
Buena
Excelente